Ligging van Bakgatla Oord, Pilanesberg Nasionale Park, naby Sun City

Malaria vrye Pilanesberg Nasionale Park naby Sun City is een van die grootste parke in Suid Afrika en is gelëe in ʼn rare vulkaniese kompleks.

Die Pilansberg Nasionale Park naby Sun City is die tuiste van die olifant, leeu, renoster, buffel en luiperd sowel as die cheetah en bruin hiëna en vele ander diere. Dit is ongeveer 2 uur se ry vanaf Johannesburg in die Noordwes Provinsie in Suid Afrika.

Bakgatla Oord is binne Pilansberg Nasionale Park se grense gelëe en net 20 minute se ry vanaf Sun City. Die gaste kan gebruik maak van al die fasiliteite by Sun City.

Pilanesberg Nasionale Park het Mankwe Dam as sy middelpunt en staan hoog uit bo die omliggende bosveld vlaktes. Verskeie Klip en Yster tydperk areas is herkenbaar regdeur die park.

Aanwysings vanaf OR Tambo Lughawe

Sodra jy die lughawe verlaat, neem die pad na Pretoria op die R21. Naby Pretoria neem jy die N1 noord na Polokwane en dan die N4 Wes na Rustenburg. Op hierdie deel van die pad sal jy deur 2 Tolhekke gaan. Ry verby die afdraai paaie na Hartebeespoort, Brits en Randburg. Kyk uit vir die volgende afdraai pad na Sun City, Bapong, Majakaneng op die R556. NEEM HIERDIE AFDRAAI – MOET NIE AANRY NA RUSTENBURG NIE.
Vanaf Sandton ry jy noord met William Nicol Drive tot by die vier rigting kruising met Witkoppen Road. Draai links in Witkoppen Road oppad na Lanseria / Roodepoort. Draai regs by die kruising met die Hans Strijdom Uitbreiding,die R512, in die rigting van Broederstroom en Lanseria. Steek die brug oor oor die R28 Krugersdorp / Pretoria hoofpad, ry verby die Lanseria afdraai en hou reguit aan. By die T-aansluiting draai links op die R512 na Magaliesberg / Brits. Hou aan met die pad totdat jy die Sun City bord sien aan jou linkerkant. Draai regs op die R512 na Brits en gaan oor die brug oor die Hartebeespoort Dam.
By die volgende T-aansluiting draai regs op die R512 na Brits. Volg die padtekens. By die 4 rigting stop draai links na Rustenburg / Sun City. By die R27 Rustenburg / Brits padteken draai regs. Op die brug draai links in die rigting van Rustenburg. Hou aan en neem die glipweg links wat jou neem na die N4 hoofweg. Kyk uit vir die volgende afrit na Sun City, Bapong, Majakaneng – R556. NEEM HIERDIE AFRIT, MOENIE AANRY NA RUSTENBURG TOE NIE.
Padaanwysers van die R556 na die Bakgatla Oord.
Bo-op die afrit draai jy regs na Sun City / Bapong. By die 4 rigting stop, draai regs op die R510 (25km / 16 myl) na Mogwase. Draai links by die Pilansberg Nasionale Park se aanwysings bord. By die tweede 4 rigting stop draai regs verby die Manyane Hek en ry reguit aan tot jy by die T-aansluiting kom. Draai links en volg die pad totdat jy by die Bakgatla Hek kom.

GPS Koördinante

25:11:22.03S
27:08:48.79E

Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel