Ligging van Bakubung Bush Lodge, Pilanesberg Nasionale Park

Bakubung Bush Lodge is gelëe in die malaria vrye Pilanesberg Nasionale Park naby Sun City, Suid Afrika.

Geniet rustige verblyf in die Afrika bos ʼn klein entjie van Sun City en slegs 2 ure se ry vanaf Johannesburg afhangende van die verkeer.

Aanwysings vanaf Fourways in Sandton

Neem die N1 Noord in die rigting van Polokwane. Neem dan die N4 Rustenburg Split (tolpad). Volg die pad reguit aan todat daar ʼn aanwysings bord aan die linkerkant die rigting na Pilansberg op Roete 91 wys. Neem die uitgang links op die hoofweg.
By die T-aansluiting draai regs en ry reguit aan na Sun City. By Sun City ry reguit verby die Zenex garage op jou regterkant en na 4km sal jy die bord sien wat wys jy moet regs draai na Bakubung. Volg die pad tot by Bakubung.

GPS Koőrdinate

25º 20’ 430” S
27º 03’ 220” E

Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel