6 DayBekostigbare Sun City Familie Vakansies

Hierdie bekostigbare Sun City Familie paket vir 6 dae is ideel vir families wat herinneringe wil skep, water aktiwiteite geniet, wildrit safari’s wil ervaar en heerlike fees maaltye deel. Goeie nuus is dat kinders onder 12 jaar verniet bly.

Hierdie 6 dag self-ry bekostigbare familie vakansie by Sun City en Pilanesberg Nasionale Park is ideaal vir families wat kwaliteit tyd saam wil deurbring. Daar is geen geskeduleerde toere en aktiwiteite nie net die vryheid om op julle eie tyd en pas hierdie luukse oord te verken.

By hierdie malaria vrye Pilanesberg Nasionale park is daar ongelooflike geleenthede om die wild en natuurlewe te besigtig vir diere, en natuurliefhebbers. Gespesialiseerde kinder aktiwiteite sal ʼn passie vir die natuur en wildlewe aanwakker in julle kinders.

Dag 1: Sun City

Vertrek vanaf Johannesburg en geniet die skouspelagtige rit na die Sun City Oord. Word ontvang deur die vriendelike personeel wat julle sal vergesel na die verblyf akkommodasie.
Spaandeer julle tyd by die Valley of the Waves waar julle die Roaring Lagoon kan ervaar met sy brander swembad en waar die Bridge of Time elke uur uitbars.
Na ʼn heerlike dag in die son kan julle die aand geniet by die vermaaklikheidsentrum. Daar is ʼn kinderoppas diens beskikbaar vir ouers wat tyd wil spandeer by die dobbelhuis of kabaret vertoning wil geniet.

Dag 2 - 3: Sun City

Geniet ʼn heerlike buffet ontbyt waarna die familie aan enige van die vele aktiwiteite kan deelneem by die Sun City Oord. Die aktiwiteite maak voorsiening vir oud en jonk en strek van bootritte en speelparke tot verskeie water aktiwiteite wat waterski insluit.

Dag 4: Pilanesberg Nasionale Park

Geniet ʼn rustige rit na ontbyt na jou verblyf plek by die Pilanesberg Nasionale Park. Die goed opgeleide personeel verwelkom en neem julle na die akkommodasie.
Maak julle tuis terwyl julle wag om gehaal te word vir die onvergeetlike wildrit in die Pilanesberg Nasionale Park. Nasional Park. ʼn Goed opgeleide gids neem julle in ʼn oop safari voertuig om die spore van die wildediere te volg en al die ander wonderlike diere, en voëls te besigtig. Kyk uit vir die groot 5.
Na die rit kan julle ʼn heerlike maaltyd geniet en die sterreprag bewonder saam met julle kinders.

Dag 5: Pilanesberg Nasionale Park

Die dag begin met ʼn volledige Engelse Ontbyt, waarna die kinders kan deelneem aan die junior veldwagter kursus, of die speelpark kan geniet.
Ander aktiwiteite sluit in put-put, tafeltennis en bos staptogte. Na ʼn laatmiddag wildrit moet julle uitkyk vir al die nagdiere oppad terug na die akkommodasie.
Geniet jou laaste aand met jou familie waar julle ʼn maaltyd onder die sterre sal geniet terwyl julle luister na die nag geluide van die Afrika bosveld.

Dag 6: Pilanesberg Nasionale Park - Johannesburg

Na ʼn heerlike ontbyt kan julle rustig terugry na Johannesburg terwyl julle al die wonderlike dinge bespreek wat julle gesien en gedoen het.

Ingesluit


  • 3 nagte akkommodasie by die familie vriendelike Cabanas Hotel met ontbyt ingesluit
  • 2 nagte akkommodasie by die malaria vrye safari lodge –aandete en ontbyt ingesluit
  • Verniet toegang na die Valley of the Waves by die Sun City Oord
  • Komplimentere pendeldiens binne in die Sun City Oord
  • 1 daaglikse wildrit terwyl u by die safari lodge bly 

Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel