Rustenburg en Omgewing Attraksies

Rustenburg in die Noordwes provinsie van Suid Afrika, is naby Johannesburg en Pretoria gelëe. Die vermaaklikheids dorp is naby aan die Sun City Oord. Hierdie groot dorp het van die grootste Platinum myne in die wêreld. Die omgewing is baie mooi met ongelooflike landskappe en kulturele erfenisse.

Rustenburg, Noordwes Provinsie, Suid Afrika

Rustenburg is noordwes van Johannesburg aan die voet van die Magaliesberg Berge te kry en malaria vry. Dit is een van die oudste en mees aantreklikste dorpe in hierdie area en word soms na verwys as die Platinum Stad.
Dit is slegs een uur se ry vanaf Johannesburg en het baie kuns gallerye, padstalle en restaurante oppad na die Rustenburg Ramble. Die Waterfall Mall is die bekendste inkopiesentrum in Rustenburg.
Daar is baie attraksies en verskeie natuur en wildreservate in die omgewing. Die Rustenburg Natuur Reservaat het 13 soorte bokke waaronder die Oribi, Kudu en Sable Antilope ʼn paar is. Daar is ook baie voël spesies in die Rustenburg Natuur Reservaat. Die Kgaswane Berg Reservaat is ʼn gewilde piekniek en voetslaan destinasie met self-ry roetes op geteerde paaie. Daar is piekniek plekke, uitkyk punte en plek waar mens kan vleisbraai.

Die Lost City is weelderig en eksoties. ʼn Ongelooflike argitektuur meesterstuk gelëe in welige botanies woude en tuine. Hierdie luukse paleis word gekombineer met die waterpark, Valley of the Waves en die vulkaniese Bridge of Time. Sun City beskik oor verskeie buitelug avonture en wildritte in die malaria vrye Pilanesberg Wildreservaat en Nasionale Park.
Pilanesberg is die vierdie grootste wildspark in Suidelike Afrika, met 10 000 fassinerende wilde diere waaronder ook die groot 5. Die park is op ʼn 1200 miljoen jaar oue alkaliese vulkaanse krater wat uitgesterf het, een van net 3 op die planeet.

Areas van belang naby Rustenburg, Suid Afrika

Omring deur die Magaliesberg Bergreeks is die Hartebeespoordam ʼn vakansiebestemming reg deur die jaar wat verskeie water aktiwiteite, en avontuur aktiwiteite aanbied. Ander top besienswaardighede sluit in die akwarium, private dieretuin, slangpark en kabelkarretjie.
Magaliesburg Village is ʼn sonderlinge historiese dorpie in ʼn prentjiemooie omgewing van valleie, riviere in inheemse bosveld. Party van die ou geboue met die groen dakke op die dorp dateer uit die 1800s. Daar is lodges, winkels, werkende plase en kuns en handewerk winkels. Die Blaaubank Historical Gold Mine in die omgewing,is nog in gebruik.
Die Sun City Oord Kompleks is die "Vegas" van Suid Afrika met vermaak vir almal. Besoekers kan kies tussen watersporte, vertonings, slotmasjiene en verskeie restaurante. Om oor die weg te kom in die oord kan jy gebruik maak van die Sky Train wat by verskillende plekke in die kompleks stop.

Rustenburg besienswaardighede

Waterfall Shopping Mall en Rustenburg Ramble
Die Rustenburg Museum in die Stadstaal
Historiese geboue, kerke, monumente en huise
Natuur Reservate - Rustenburg, Kgaswane, Vaalkop, Borakalalo
Kroondal

Hartebeespoort Dam besienswaardighede

Die Olifant Beskermings Reservaat
Maropeng, Cradle of Humankind, World Heritage Site
Lesedi Cultural Village
Sterkfontein Grotte
De Wildt Cheetah en Wildlife Sentrum
Renoster en Leeu Natuur reservaat
Slang en dierepark
Akwarium
Perdry ritte
Restaurante, kafees, kroeë
Country and Western Saloon
Welwitschia Country Mark
Sitrus wyn en likeur proe
Kaasmaak toere, restaurante en pieknieks
Kuns en Handwerk winkels
Bootry
Kabelkarretjie ritte

Magaliesberg besienswaardighede

Besigtigings ritte en die platteland se gasvryheid geniet
Blaaubank se Historiese Goudmyn toer
Perd en bergfietsry voetslaanpaaie
Canopy Tours, zip lines, abseiling
Vierwielmotorfiets ritte en verfbal - Hekpoort Valley

Sun City en Lost City besienswaardighede

Uitmuntende ontspannings en sport fasiliteite vir alle ouderdomme
Twee18 gat gholfbane en die Gary Player Buiteklub
Restaurant en kafee’s
Vermaak, bioskoop,dobbel, inkopies en die kultuur dorpie besoek
Buitelug Avonture, vierwielaangedrewe motorfiets ry,perdry en meer
Pilanesberg Wildreservaat- wildritte, staptogte en die Leeu Park

Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel