Sun City Aktiwiteite en dinge om te doen by die Sun City Oord Suid Afrika

Die Sun City Oord bied eindelose aktiwiteite wat sal sorg vir ʼn ongelooflike vakansie.Behalwe die ongelooflike vroeg oggend warmlug ballon ritte en ʼn vleisbraai in die bos is daar ook boogskiet, vierwielmotorfiets ritte, dromslaan, kleiskyf skiet en water aktiwiteite. Al die toerusting is van die hoogste standaard en die veiligheid van die gaste is altyd baie belangrik.Sun City se indrukwekkende verskeidenheid van attraksies is onlangs uitgebrei deur die buitelug “Adventure Centre “wat bestuur word vanaf die Letsatsing Wildpark langs die kompleks.

Vierwielmotorfies Ritte

Hierdie rit neem ongeveer een uur en word begelei deur ʼn goed opgeleide gids. Geen ervaring is nodig nie omdat opleiding en die gebruik van die motorfieste deel is van die pakket.

Kleiskyf skiet

Kleiskyf skiet is baie gewild vir oud en jonk en baie ontspannend. Die personeel maak die deelnemers touwys en geen vroëe ondervinding is nodig nie.

Boogskiet

Moderne herhalings boë sowel as saamgestelde boë en kragtige kruisboë word gebruik om hierdie antieke sport van boogskiet te beoefen.

Water Sport en Aktiwiteite

Sun City Oord offer pret waterbasis aktiwiteite wat insluit banana bootritte, ski, ander bootritte en vele meer. Die Valley of the Waves het opwindende glyplanke en ritte wat hulle aanbied.

Perdry

Vir perdry entoesiaste is daar ʼn opsie om op ritte te gaan in ʼn klein deel van ʼn Private Wildpark. Hierdie ritte is geskik vir mense met ondervinding van perdry en vir mense wat die eerste keer perd ry. Hulle word vergesel deur ʼn opgeleide staljong.

Zip glydraad

Die Extreme Adventure Slide wat 280 meter hoog en 2 kilometer lank is bereik ʼn spoed van 120km/h. Dit is ʼn moet vir die adrenalien geesdriftigers. Bespreek by die Welkom Sentrum.

Kultuur Toere

Neem deel aan die kultuur toere wat insluit die dag tot dag lewe van die oorspronklike inwoners van die area, hulle leefwyse, sing, dans, dra van tradisionele klere en die proe van tradisionele kos. Kulturele dans vertonings word aangebied in die aand.

Bromponies en Bergfiets

Sun City aktiwiteite sluit in bergfiets ry. Geniet die mooi natuurskoon langs die roetes. Bromponies is ook beskikbaar en kan deur die hele familie geniet word.

Tennis en muurbal

Daar is tennisbane reg langs die Cascades of gaste kan muurbal speel.
Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel