Aktiwiteite van die Cabanas Hotel

By die Sun City Cabanas Hotel kan jy deelneem aan tennis, muurbal, perdry, stap in die natuur ens. die lys is eindeloos. Die kinders kan die Valley of the Waves geniet asook Kamp Kwena wat opvoedkundige en pret aktiwiteite aanbied vir kinders.

Die ongelooflike water tema park by die Valley of the Waves bied aan jetski, waterski en nog baie ander water aktiwiteite.

Golf

Golf entoesiaste kan op enige van die 2 uitstekende Golf bane golf speel. Die een is die bekende Gary Player baan waar die jaarlikse Nedbank Million Golf Uitdaging gespeel word of by die Lost City Golf Baan.

Uiteet

Daar is n verskeidenheid restaurante by die Sun City Oord waar gaste maaltye of net ʼn drankie by die kroeg kan geniet.

Safari en Wildlewe

Die Pilanesberg Nasional Park is naby Sun City akkommodasie gelëe en gee jou die geleentheid om die oorvloed van wild te besigting, insluitende die groot 5.

Familie Avonture

Skep die perfekte familie herinneringe by Sun city deur deel te neem aan interaktiewe familie avonture. Die oord het ʼn vermaak sentrum met speletjies wat julle vir ure sal vermaak. Besoek Animal World met roofvoëls en ander klein diertjies. By die Kewna Gardens kan jy opwindende interaksie hê met baba krokodille.

Ander Sun City Aktiwiteite

  • Spa behandelings
  • Inkopies
  • Doolhof by die Lost City
  • Waterworld avonture
  • Zip gly
  • Stampbote
  • Tennis

Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel