9 DaySun City, Madikwe Safari en Kaapstad Vakansie Paket

Hierdie Luukse self-ry vakansie paket sluit in aktiwiteite by Sun City, die groot 5 safari en die bekende kosmopolitiese stad, Kaapstad.

Hierdie luukse self-ry paket sluit in verblyf by die Sun City oord in die Noordwes Provinsie van Suid Afrika, verblyf by die Madikwe Wildreservaat en verblyf by ʼn Boetiek Hotel in Kaapstad. Die vlug na Kaapstad neem ongeveer 2 ure.Verken die mooie Kaapstad op jou eie tyd.

Dag 1 - 2: Sun City, Noordwes, Suid Afrika

Kry jou huurvoergtuig by die O.R Tambo Internasionale Lughawe vir die 2 ure lange rit na Sun City. Die tyd by Sun City word op jou eie spandeer en jy kan deelneem aan enige van die vele aktiwiteite, soos dobbel, watersport of net om te ontspan in hierdie mooi omgewing.

Dag 3: Safari Lodge in Madikwe Wildreservaat

Dit neem ongeveer 3-4 ure vir die rit van Sun City, na die Madikwe Wildreservaat. Na jou aankoms verkeer jy rustig tot jou eerste wildrit wat oorskakel in ʼn aandrit. Watter ongelooflike ondervinding om die wildlewe in die dag en nag te besigtig. Die wildlewe wat te voorskyn kom in die aand is moeilik om in die dag te bespeur.Na die wildrit word heerlike aandete bedien by die kamp.

Dag 4: Madikwe Wildreservaat

Kyk uit op dag 4 vir die groot 5 wat die renoster, leeu, buffel, luiperd en olifant is, plus vele meer wildlewe en plante en insekte op die twee wildritte van vandag. Die tyd tussenin kan jy ontspan by jou akkommodasie verblyfplek. Kyk ook spesifiek uit vir enige wildehonde en cheetahs.

Dag 5: Madikwe - Johannesburg - Kaapstad

Gaan op jou laaste oggend wildrit na ontbyt en vertrek op jou tog terug na Johannesburg van waar jy gaan vlieg na Kaapstad. Die vlug vertrek laat in die middag wat jou genoeg tyd gee.
Tel jou huur voertuig op by die Kaapstad Internasionale Lughawe en ry na jou luukse Boetiek Hotel met sy ongelooflike uitsigte oor Tafelberg.

Dag 6 - 8: Kaapstad

Geniet ʼn heerlike ontbyt by jou hotel voordat jy Kaapstad se strate invaar. Verken die Kaap Peninsula se kusroetes met sy fantastiese strande, Kirstenbosch Botanies Tuin en die historiese wynlande. Daar is ook vele dagtoere wat jy kan meemaak. Vir inkopieterapie kan jy gerus die ongelooflike V&A Waterfront besoek wat slegs 5 minute se ry van die hotel af is. Die nuwerwetse Kloofstraat met al sy boetiek winkels en restaurante is ook binne loopafstand van die hotel.

Dag 9: Kaapstad

Na ʼn heerlike ontbyt vertrek jy na die Kaapstad lughawe om jou vlug te kry huistoe.

Ingesluit

  • 9 dae motor huur met GPS ingesluit, onbeperkte myle en premie versekeringsdekking
  • 2 aande akkommodasie in die Superior Luukse Kamer by die Sun City Cascades Hotel – ontbyt ingesluit
  • Komplimentêre pendeldiens in die Sun City Oord
  • Verniet toegang na die Valley of the Waves by die Sun City Oord
  • 2 nagte luukse akkommodasie by die malaria-vrye Madikwe safari lodge, ontbyt, ligte middagete en aandete ingesluit
  • Oggend en laatmiddag/aand wildritte in oop safari voertuie saam met opgeleide veld gidse
  • 4 nagte Superior Kamer akkommodasie in ʼn luukse boetiek hotel in Kaapstad, ontbyt ingesluit

Uitgesluit

  • Aktiwiteite by Sun City (behalwe Valley of the Waves)
  • Maaltye en drankies wat nie gespesifiseer is nie
  • Petrol en ander ekstras moet direk vereffen word

Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel