Sun City Restaurante Gids

Die Sun City Oord offer gaste baie verskillende maaltyd ondervindings by verskeie restaurante. Daar is iets wat in elke gas se smaak sal val.

Restaurante by The Palace of the Lost City

Plume
Ideaal vir ʼn romantiese aand uit.. Die disse bestaan uit die tradisionele Franse Kookkuns met ʼn tikkie van Afrika smake bygevoeg. Hierdie Sun City restaurant spog ook met ʼn onvergeetlike kwaliteit Sjampanje Kroeg, waar die fynste sjampanje smake geniet kan word.

Die Crystal Court
Die Crystal Court bedien fantastiese internasionale disse in ʼn gesofistikeerde omgewing by die Palace of the Lost City. Heerlike lang ontspanne maaltye en smaaklike ontbyte kan hier geniet word. ʼn Uitmuntende buffet ontbyt word bedien vanaf 06:30 tot 11:00 in die oggend en aandetes vanaf 18:30 tot 22:30. Gaste kan ook ʼn middagtee met heerlike versnapering geniet vanaf 15:00 tot 17:30.

Restaurante by The Cascades

Peninsula
Die Peninsula het ongelooflike uitsigte oor die pragtige tuine met watervalle by die Cascades. Internasionale disse kan geniet word asook buffet etes. Die a la carte aandetes kan tot 180 gaste bedien op ʼn slag. Ontbyt is van 06:30 tot 11:00 en aandete vanaf 18:30 tot 22:30. Gaste kan die strelende klavierspel geniet van ʼn inwonende pianis by hulle aandete van Dinsdag tot Sondag aande tussen 19:00 en 22:00.
Bocado
By hierdie populêre restaurant moet jy definitief bespreek. Daar is sitplek vir 250 gasste en dit is ʼn geliefde familie restaurant met ʼn Mediterreense atmosfeer. Van lui middagetes tot Al Fresco aandetes kan genuttig word.
The Grill Room
By hierdie New York tipe braai restaurant moet gaste sitplek bespreek voor die tyd. Dit is oop vanaf 12:00 tot 14:30 en dan weer 18:00 tot 22:00. Die beste Suid Afrikaanse wyne kan geniet word wat die gaste kies van ʼn uitgebreide spyskaart en wat die disse ongelooflik komplimenteer.
The Palace Gazebo
The Palace Gazebo is gelëe in die fantastiese tuine van die Palace of the Lost City by die Sun City Oord. Hier kan gaste ʼn intieme romantiese aandete vir twee geniet.

Restaurante by The Soho Sun City Hotel

The Raj Restaurant
The Raj by die Sun City Hotel is ʼn Halaal restaurant wat heerlike Indiese disse offer met fantastiese kruie en geure. The Raj is oop daagliks vir middagete tussen 11:00 en 15:00 en aandetes van 18:00 tot 22:00.
Sun Terrace
Fantastiese uitsigte en die heerlikste disse is beskikbaar by die Sun Terrace. Die restaurant gee vir die gaste ʼn buitelug ervaring wat kontinentale ontbyt en heerlike aandete van Afrika disse insluit.
Legends
The Legends restaurant offer ʼn rooi mat ervaring met ʼn reis na die verlede waar hulde gebring word aan bekende persoonlikhede wat deur die jare al vir Sun City besoek het. ʼn Moderne braai restaurant met ʼn geurige verskeidenheid van drankies sal jou langer wil laat kuier.

Restaurante by The Cabanas

The Palm Terrace
The Palm Terrace verseker dat alle gaste ʼn ongelooflike ervaring meemaak by hierdie restaurant. Daar is sitplek vir 450 gaste vir aandete. The Palm Terrace is ook oop vir ʼn buffet ontbyt van 07:00 tot 11:00 en 12:00 oor naweke. Vir die heerlike buffet aandetes met internasionale temas is die restaurant oop van 18:30 tot 21:30. Die restaurant is gesluit tydens winter. Kontak asb. die ontvangs voor besprekings gemaak word.

Sun City Oord Resturante

The Brew Monkey
The Brew Monkey is geïnspireer deur die Vervet apies. Die restaurant wat uitkyk oor die Valley of the waves is ideaal vir werkersklas maaltye. Daar is heerlike tuisgemaakte pasteie, gesonde slaaie, peuselhappie mandjies en hamburgers beskikbaar.
Food Factory
Heerlike hartlike en gesonde kos is hier beskikbaar op die grond vloer van die Sun City Oord. Daar is heerlike pizza’s, pasteie, burgers, aartappelskyfies, vis en skyfies, falafels en bunny chows.
Crocodile Lounge
Spandeer ʼn rustige middag by die Crocodile Lounge. Dit is gelëe aan die kant van die Lost City Golfbaan en ideaal vir ʼn hartlike ontbyt en ontspannende middagete.
Shebeen
By die Shebeen word heerlike tradisionele Suid Afrikaanse aandetes bedien. Shish'nyama is ook op die spyskaart.
Gary Player Country Club
Ligte maaltye word bedien by die Gary Player Country Club met mooi uitsigte oor die golfbaan.
Fast Food Arcade
Dit is gelëe in die Food Court op die boonste vloer van die Vermaak Sentrum. Restaurante sluit in: Mugg and Bean, Ocean Basket en Spur.

Kroëe

Harlequin's Bar
Harlequins Bar is in die hart van die Smoking Casino. Hierdie mengeldrankie kroeg is populêr om drankies te geniet voor die hoofgebeure van die aand.
The Palace Pool Deck
By die Palace Pool Deck,bedien hulle vars Afrika geïnspereerde mengeldrankies terwyl die gasste lê en sonbaai op die strand. Geniet ook van die heerlike pizza’s wat hier op die dek bedien word.
The Treasure Island Snack Bar
Gelëe by Waterworld langs die meer kan vinnige maaltye geniet word, of geniet die son op die dek en ontspan daar met jou maaltyd of drankies.
Cherry
Tapas en mengeldrankies word bedien in die gesofistikeerde Cherry Bar. Hierdie kroeg is bo die dobbel vloer by die Sun City Hotel en Dobbelsaal gelëe.
Cabanas Pool Bar
ʼn Gemaklike en ontspanne atmosfeer met mengeldrankies en ligte maaltye is te kry by die Cabanas Pool Bar.
Sun City Pool Bar
Ligte maaltye en lekker mengeldrankies word bedien daagliks in die ontspanne atmosfeer van die Sun City Hotel Pool Bar.
Luma Bar and Lounge
Gaste kan aansit vir drankies en ligte maaltye by die Luma Bar and Lounge, wat langs die swembad gelëe is by die Cascades hotel. Dit is ook die ideale plek vir gaste om te ontspan met koffie of ʼn glas whiskey.
Tusk Bar and Lounge
Die Tusk Bar and Lounge spog met safari-tema dekor. Die kroeg is ideaal vir voor maaltyd drankies, na maaltyd drankies of ʼn vinnige middag ete. Die gesofistikeerde spyskaart bied n verskeidenehid van drankies en versnaperinge aan.
The Maze Bar
Die Maze Bar het ʼn verskeidenheid van plaaslike biere en mooi uitsigte oor Sun City. Die kroeg kan ook vir private funksies bespreek word.

Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel