Akkommodasie by die Sun City Hotel

Die kamers en suites is van ʼn baie hoë standaard by hierdie wêreld klas Sun City Hotel.

Hierdie Hotel in Suid Afrika het ʼn totaal van 340 kamers wat ruim en stylvol is. Al die standaard kamers van hierdie 4 ster Hotel kyk uit op die swembad en het al die fasiliteite wat mens kan verwag van ʼn wêreldklas vakansie oord.

Kamers vir gestremde persone

Sun City Hotel het kamers met toegang vir gestremde persone. Hierdie kamers het konings grootte beddens, bankbeddens en baie ruimte om in rond te beweeg. Die en-suite badkamers is universeel toeganklik met handvatsels waar benodig. Die slaapkamer het ʼn sitbank, platskerm TV met satteliet kanale, lugversorging, tee en koffie fasiliteite, ʼn mini-kroeg en 24 uur kamer diens.

Luukse Twee enkelbed kamer

Hierdie luukse kamers slaap 2 persone op 2 enkelbeddens het het ook ʼn aparte bad en stort, lugversorging, platskerm TV met satteliet kanale, tee en koffie fasiliteite, mini-kroeg en 24 uur kamer diens.

Luukse Familie Kamer

Die hele familie kan die geriewe geniet van hierdie Luukse Familie Kamer by die Sun City Hotel. Daar is twee enkel beddens, ʼn konings grote bed en ʼn bankbed vir kinders om op te slaap. Geniet die ongelooflike uitsigte op die swembad en meer vanaf die balkon en 24 uur kamer diens om kos te bestel as die kinders honger is.

Superior Luukse Kamer

Twee persone kan heerlik bly in hierdie gemaklike kamers met sy koningsgrote bed, of twee enkelbeddens, sitbank en en-suite badkamer met aparte stort en bad. Daar is ʼn sitkamer, lugversorging, tee en koffie fasiliteite, mini-kroeg en 24 uur kamer diens. Daar is ook kamers wat verbind is met mekaar beskikbaar.

Grond vloer Superior Luukse Kamer / Familie Kamer

Die tuin is reg buite hierdie kamer en kan bereik word deur ʼn deur vanaf jou kamer. Die kamer het n koningsgrote bed, slaapbank vir kinders, en-suite badkamers met aparte bad en storte en 24 uur kamerdiens.

Luukse Suite

Die Luukse Suite by die Sun City Hotel slaap 2 persone op ʼn gemaklike koningsgrote bed. Daar is ook ʼn en-suite badkamer met stort en bad. Die suite het ʼn sitkamer, private balkon en gaste badkamer.

Presidensiële Suite

Om die mees luukse verblyf te geniet by die Hotel by die Sun City Oord, moet jy die Presidensiële Suite bespreek. Slegs 2 gaste bly in hierdie Suite op ʼn keer. Dit het sy eie eetkamer, private balkon met sonstoele en ʼn borrelbad wat perfek is vir die lui namiddae of aande.

Ingesluit by die verblyf

  • Verniet WiFi
  • A la carte ontbyte beskikbaar
  • Komplimentêre ingang na die Valley of Waves
  • Daagklikse kamerskoonmaak diens
  • 24 uur kamerdiens

Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel