SQLSTATE[HY000]: General error: 144 Table './aatc/tiger_page_view' is marked as crashed and last (automatic?) repair failedSun City Oord vir Kinders

Sun City vir Kinders
Sun City Oord Suid Afrika

Sun City Oord is ideaal vir families met kinders. Daar is fantastiese klubs vir kinders, speelgronde, sport, arkade speletjies, bioskoop, wildlewe besigtiging, en Valley of Waves en Waterworld.Die Vermaaklikheids Sentrum is in die hartjie van Sun City. Die meesste van die aktiwiteite kan hier bespreek word by die Ontvangs Lessenaar. Buitemuurse aktiwiteite en speletjies kan bespreek word by die “Gametrackers Desk”. The Vermaaklikheids Sentrum het baie vermaak in die vorm van arkade speletjies wat hulle aanbied.
Ouers kan gerus voel dat die kinders lekker besig gehou sal word deur alles wat aangebied word. Daar is 2 klubs, een vir die onder 12 jariges en een vir kinders van 4-12 jaar oud. Daar is ʼn proffesionele baba oppasser diens aangebied deur Thula Baba, sodat die ouers kans kan kry om die teater of ʼn romantiese maaltyd te geniet.
Geniet water aktiwiteite wat Valley of the Waves en Waterworld insluit met baie swembaddens en poele wat almal oor opgeleide lewensredders beskik. Naby die meer kan die kinders deelneem aan mini golf, mini-motors, trampoliens ens. Ouer kinders en grootmense kan deelneem aan die 2km ziplyn aktiwiteit of perdry ritte.
Klein kindertjies geniet die diere plaas waar hulle aan die diere kan vat sowel as die Roofvoël vertonings. Die daaglikse voer van die diere is laatmiddag en baie gewild. Die klein kindertjies geniet ook ritte op die stoomtrein wat deur die oord hardloop.

Klubs en kinderoppas dienste by die Oord

Thula Baba - ʼn professionele babba oppas diens. Vir die dag en die aand.
Kamp Kwena Crèche – hierdie fasiliteit is vir kinders van 0 – 12 jaar oud en offer daaglikse aktiwiteite. Die Crèche is oop elke dag.
Kamp Kwena Fort – die plek is fantasies vir kinders om nuwe maats te maak. Dit is oop vir kinders van 4-12 jaar oud met geen persoon van 18 jaar en ouer of alkohol op die perseel toegelaat nie. Klub Chirp is oop elke dag tydens die skoolvakansie en ook op Vrydae en Saterdae.

Hoogtepunte vir Kinders by die Sun City Oord

Die Valley of Waves by die Lost City is ʼn ongelooflike plek. Hierdie vallei het n brug wat skud elke uur met vulkaniese uitbarstings, paadjies vir die avontuurlistiges, versteekte grotte, ongelooflike tuine en ʼn hangbrug.
Die Roaring Lagoon is ʼn ongelooflike hidroliese brander swembad van 6 500 sq meters met ʼn strand vol palmbome. Elke 90 sekondes vorm daar groot branders. Die Water Park het 5 opwindende water ritte, waarvan die Temple of Courage ingesluit is waar besoekers 17 meter afgly in ʼn glybaan, onderdeur n brug gly en in ʼn poel uitgespoeg word. Dit is net vir die wat braaf is. Daar is ook ander glybaan ritte en ritte waar besoekers op hulle mae op borde gly op/in die water.
Lewensredders is elke dag op diens, netjiese aantrek kamers, sluitkasste, en ʼn eerstehulp sentrum is van die uitstekende diens en fasiliteite wat aangebied word by die Valley of Waves. Die Etniese dorpie offer kos, lekkers, klere en ʼn speelpark en swembad vir kinders aan. Die Royal Bad is nog ʼn groot swembad reg langs die amfiteater.

Fantastiese Water ritte ens

  • Valley of Waves - Lost City
  • Waterworld – valskermseil, ens. by die meer voor die Cabanas
  • Swembaddens met lewensredders vir kinderes en grootmense – by al die hotels
  • Stamp Bote – langsaan die meer voor die Cabanas

Diere Avonture

  • Butterfly World – by die Cultural Village, ingang van Sun City
  • Diere Wêreld – Plaasdiere, roofvoëls by die Cabanas
  • Perdry – privaat Wild Park naby
  • Voëlhok – naby die Cascades tennisbaan

Buitemuurse Aktiwiteite

  • Valley of the Waves, Waterworld en hotel swembaddens
  • Segway ritte – langsaan die tennisbaan by Cascades
  • Zipgly – bespreek by die Welcome Desk
  • Skilderagtige stoomtrein ritte - Cabanas
  • Finders Keepers (skatkis grawe) – langs die meer by die Cabanas
  • Springmatte en ten volle toegeruste speelgrond –strand langs meer by Cabanas
  • Mini-golf en mini-motors – strand langs meer by Cabanas
    • Binnemuurse Aktiwiteite

      • Kamp Kwena Crèche, ouderdom 0-12 years – Vermaaklikheids Sentrum boonste vloer
      • Kamp Kwena Fort, ouderdom 4 - 12 years – tydens spitsseisoen is daar ook programme vir die tieners in die aand.
      • Moviezone – familie rolprente – Vermaaklikheids Sentrum
      • Magic Company Speletjies Arkade, vir kinders van alle ouderdomme –Vermaaklikheids Sentrum

Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel