Ligging van die Tshukudu Bush Lodge, Sun City, Pilanesberg Nasionale Park

Tshukudu Bush Lodge, ʼn safari lodge naby Sun City, se ligging is in die malaria vrye Pilanesberg Nasionale Park, Suid Afrika.

Die park is die 4 de grootste park in Suid Afrika en die tuiste van oor die 360 verkillende voël spesies sowel as die groot 5 – die luiperd, buffel, olifant,leeu en renoster.

Aanwysings vanaf Fourways, Sandton

Ry noord met William Nicol Drive tot jy by die vierrigting stop kom wat oorkruis met Witkoppen Road. Draai links in Witkoppen Road in die rigting van Lanseria / Roodepoort. Draai regs by die kruising met die Hans Strijdom Uitbreiding op die pad na Broederstroom en Lanseria.
Gaan oor die brug waaronder die R28 Krugersdorp / Pretoria hoofweg loop en ry verby die Lanseria afdraai. Hou reguit aan tot jy by die T-aansluiting kom, en draai regs op die R512 oppad na Brits. Volg die aanwysings borde.
Hou aan tot by die 4 rigting stop en draai links op die R512 / R27 in die rigting van Brits / Rustenburg. Ry verby die eerste Brits afdraai en by die aanwysbord R27 Rustenburg / Brits, draai jy regs. Op die brug draai regs in die rigting van Rustenburg.
Hou aan tot by die afrit aan die linkerkant. Neem die afrit en hou aan met die N4 hoofweg. Hou aan tot by die aanwysings bord op die linkerkant wat die pad na Pilansberg links op Roete 91 aandui. Draai links en by die T-aansluiting draai regs in hou aan in die rigting van Sun City. Ry verby die Kwa Maritane en Sun Village aanwysingsbord en draai regs by die Bakubung en Tshukudu Bush Lodge aanwysingsbord.
Volg die pad na die Bakubung Hek. By die Bakubung Ontvangs vra jy vir die Tshukudu kantoor. Die pendeldiens van die Tshukudu Bush Lodge vertrek om 14:00 vanaf Bakubung.

Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel