Aanwysings na die Sun City Oord

Geniet ʼn self-ry rit na die Sun City Oord in Suid Afrika.

Vlieg na Johannesburg en ry dan self na Sun City

Sun City Oord is ʼn gewilde self-ry destinasie in die Noordwes Provinsies van Suid Afrika. Geniet ʼn familie vakansie of besoek een van die Wildreservate soos Pilanesberg naby Sun City en doen ʼn Safari.

Self-bestuur vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe, Johannesburg

Minimum 3 ure (hang af van die verkeer in die stad)
Huur ʼn voertuig by die OR Tambo Internasionale Lughawe. As mens eers uit die verkeer in Johannesburg is sal dit ongeweer 2 ure neem tot by Sun City.

Aanwysings vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe

Neem die R21 noord in die rigting van Pretoria/Polokwane, draai in op die N4 en volg die hoofweg na Rustenburg. Net na Rustenberg draai jy regs op die R565 na Sun City/Lost City.

Self-bestuur vanaf die Lanseria Lughawe, Johannesburg

Die rit sal ongeveer 2 ure neem
Dit is die vinniger opsie. Lanseria Lughawe is net buite Johannesburg (Magaliesberg area). Jy sal baie tyd spaar indien jy die verkeer in Johannesburg kan mis.

Aanwysings vanaf Lanseria Lughawe

Neem die N14 na Krugersdorp. Draai regs op die R24 na Rustenburg. Draai in op die N4 en hou aan op die R565 na Sun City/Lost City.

Motorhuur

Vind meer inligting in verband met motor huur by car hire for Sun City. Vir meer inligting in verband met vlugte na Johannesburg, kontak asseblief ʼn Siyabona Afrika konsultant.

Private Pendeldiens na Sun City

Daar is ʼn daaglikse pendeldiens tussen Johannesburg en Sun City, Suid Afrika. Daar kan ook gereel word om u op te tel by die OR Lughawe of by ʼn hotel in Johannesburg of Pretoria. Kontak asseblief jou Siyabona Afika konsultant vir meer inligting i.v.m. hierdie opsies.

Vlugte

Direkte vlugte vanaf Kaapstad en Johannesburg na die Sun City lughawe is beskikbaar. Vra asb. jou Siyabona Afrika Spesialis vir skedules.

Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel