Bakgatla Oord
Pilanesberg Nasionale Park - Sun City, Suid Afrika

Naby Sun City by die Bakgatla Oord kan besoekers die groot 5 sien plus ander Suid Afrikaanse soogdiere in die Pilansberg Nasionale Park.
  • Ongelooflike landskappe, verskeie aktiwiteite en plek vir konferensies
  • Akkommodasie in chalets en tente vir besigheidspersone
  • Uitstekende Wildritte op safari 20 min se ry vanaf Sun City
  • Bakgatla Oord is 2 ure se ry vanaf Johannesburg

Gaste by die Bakgatla Oord kan deelneem aan wildbesigtiging, aktiwiteite en baie ander opwindende dinge om te doen. Hierdie malaria vrye Pilanesberg Nasionale Park is gelëe in ʼn uitgestorwe vulkaan se krater, en is net een van 3 krater komplekse in die wêreld.

Die Pilansberg Nasionale Park wat geproklameer is in 1979 is gelëe in die pragtige Bonjalo Area, Noordwes Provinsie, wat strek oor 55 000 hektaar. Die gaste kan deelneem aan wildritte, staptogte en Lugballon safaris asook menigte ander aktiwiteite.

Pilanesberg Nasional Park bestaan uit baie heuwels, bosagtige gebiede en oop grasvlaktes wat die omgewing prentjiemooi maak. Hierdie pragtige plek is die tuiste van 35 speies van groot soogdiere wat die gewilde groot 5 insluit sowel as 300 voël spesies. In die middel van hierdie fassinerende krater wat ontplof het 1300 miljoen jaar gelede is ʼn groot meer. Die rare rotsformasies en strukture maak van die krater ʼn unieke geologiese area.

Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel