Cascades Hotel
Sun City Oord, Noordwes, Suid Afrika

Die gesofistikeerde Cascades Hotel by die Sun City Oord is een van Afrika se gesogste luukse hotelle met sy eie private strand en sonbaai eiland by die swembad.
  • Daar is pragtige tuine om in te vertoef
  • Koel af in die verfrissende water van die swembad
  • Geniet die uitstekende wyne en kosse by die restaurante en kroëe
  • ʼn Verskeidenheid van aktiwiteite vir oud en jonk van gees

Die Cascades Hotel by Sun City is een van die gesogste hotelle in Afrika met sy watervalle en welige tropiese woud. Terwyl jy deur die woud loop met sy voël hokke en voël sang word jy vasgevang in die tydlose romanse van hierdie grasieuse Sun City Hotel.

Die Grotto Restaurant waar jy n drankie kan geniet kyk uit oor die pragtige Cascades swembad. Geniet ʼn maaltyd by die Santorini of Peninsula restaurante of op die dek van die hotel waar jy in privaatheid jou maal kan geniet tussen die welige plantegroei.

Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel