Familie Wegbreek Naweke by Sun City

ʼn Heerlike 3 dae wegbreek naweek vir die hele familie waar julle kan tyd spandeer met die water aktiwiteite, interaktiewe familie aktiwiteite en ʼn ongelooflike familie wildrit. Die paket is verniet vir kinders onder 12 jaar oud.

Fantastiese herinneringe sal geskep word en jy kry kans om kosbare tyd met jou kinders te spandeer.

Hierdie Sun City familie paket vakansie het ʼn oorvloed van water en ontspanningsaktiwiteite wat almal besig sal hou. ʼn Vinnige breek weg van die oord neem jou op ʼn wildrit by die Pilanesberg Nasionale Park waar die hele familie kans kry om die spore van die wilde diere te volg en uit te kyk vir die groot 5.

Sun City Familie Paket Hoogtepunte

  • Kinders onder 12 bly verniet
  • Verniet toegang tot Valley of the Waves en komplimentêre pendeldiens binne die Sun City Oord
  • Prettige aktiwiteite vir die hele familie, van mini golf, kegelbal, mini vierwielaangedrewe motorfiets ritte tot water pret by die Valley of the Waves
  • Verskeidenheid van kinder vriendelike aktiwiteite by Kamp Kwene (4-12) onder die wakende oog van opgeleide kinderoppassers
  • Besoek Animal world en die krokodil reservaat
  • Neem die kinders op die Stimela trein avontuur rondom die Waterworld meer
  • Gaan op ʼn wildrit saam met opgeleide gidse by die Pilanesberg Nasionale Park

Dag 1: Sun City

Die vriendelike Sun City Oord personeel sal jou help oppad na jou familie akkommodasie. Spandeer die middag deur aan al die prettige aktiwiteite van julle keuse deel te neem.
Vir families wat watersport geniet is daar genoeg om julle besig te hou, van waterski, boot ekskursies en vele meer by die Valley of the Waves.
Geniet ʼn heerlike aandete terwyl julle gesels oor alles wat julle deur die dag ervaar het. Maak gebruik van die profesionele kinderoppassers vir die kinders terwyl julle die dobbelhuis en kabaret vertonings geniet.

Dag 2: Sun City

Na ʼn heerlike ontbyt kan jy en jou familie die middag op julle eie pas geniet. Daar is nog soveel meer om te ontdek by die Sun City Oord, insluitende die Maze of the Lost City, Kwena Gardens, mini golf en Animal World. Pret aktiwiteite sluit in die scratch patch, ziplyn, vierwielaangedrewe motorfiets ritte vir kinders en ouers en baie meer.
In die middag vertrek julle vanaf die Sun City Welcome Centre op ʼn wildbesigtigings rit deur die Pilanesberg Nasionale Park. Hierdie onvergeetlike ervaring sal nog meer onvergeetlik wees as julle die groot 5 gewaar. Na so ʼn produktiewe dag kan julle aandete geniet by een van die restaurante en by die Vermaaklikheidssentrum.

Dag 3: Sun City

Voordat julle vertrek geniet julle eers die laaste ontbyt by die hotel se restaurant. Indien die kinders nog aktiwiteite wil geniet kan hulle miskien ʼn laaste potjie mini golf speel voordat julle huiswaarts keer.

Ingesluit

  • 2 nagte se akkommodasie by die Cabanas Hotel –ontbyt ingesluit
  • Geskeduleerde middag wildritte by die Pilanesberg Nasionale Park (2 ½uur)
  • Verniet toegang tot die Valley of the Waves by Sun City Oord
  • Komplimentêre pendeldiens binne die Sun City Oord

Uitgesluit

  • Opsionele Aktiwiteite
  • Maaltye en drankies wat nie gespesifiseer is nie
  • Petrol en alle ander ekstras moet direk vereffen word

Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel