Konferensie Areas en Fasiliteite by Sun City
Sun City Oord Suid Afrika

Sun City Konferensies

Sun City Oord in Suid Afrika offer ʼn buitengewone verskeidenheid van onthaal en konferensie areas gekombineerd met akkommodasie en vermaak vir groot of klein groepe afgevaardiges. Kliënte het baie keuses waar hulle die konferensies kan hou soos bv. die Superbowl wat sitplek het vir meer as 6 000 mense. Opwindende fasiliteite kan binne of buite georganiseer word wat ook die kliënte sal pas.
Konferensie afgevaardiges kan ongelooflike wildritte meemaak in die malaria vrye Pilanesberg Nasionale Park, Olifant-ry safaris geniet en maatskappy etes in ʼn tradisionele boma onder die sterre meemaak. Die Sun City kompleks en Dobbelhuis besit 4 hotels met pendeldiens en vermaak vir alle ouderdomme. Die ligging is in die Noordwes Provinsie, Suid Afrika, slegs 187 km / 116 myl van Johannesburg af.
Vir opsies voor en na die konferensies het die afgevaardiges baie aktiwiteite om van te kies soos bioskoop en teater aktiwiteite. Hierdie alles omvattende destinasie het ook twee Gary Player ontwerpte gholf bane,sport fasiliteite, Spa, ontspanningsgeriewe en verskeie restaurante en winkels. Een van die mees gevorderde waterparke ter wêreld, The Valley of the Waves, is sentraal gelëe in die Lost City. Afgevaardiges met families kan gebruik maak van die kinderoppas diens asook die fantastiese klubs wat kinders vermaak.

Die Vermaaklikheidsentrum sentraal by Sun City

  • Breakaway Rooms - 10 tot 90 afgevaardiges in 13 kamers
  • Hall of Treasures - 700 afgevaardiges vir mengeldrankies (word ook gebruik as ʼn uitstallings lokaal)
  • Pilanesberg Room - 800 afgevaardiges vir mengeldrankies en 600 vir ʼn banket
  • Royal Ballroom - 1 200 afgevaardiges met konferensie styl sitplekke of 800 for ʼn banket
  • Superbowl - 6 855 afgevaardiges met sitplek vir ʼn skouspel, met tot 10 500 staanplek beskikbaar

Sun City Hotel

Baobab, Acacia en Jacaranda konferensie lokale


Hierdie lokale kan 360 afgevaardiges akkommodeer in konferensie styl of dit kan gebruik word vir 650 afgevaardiges vir ʼn mengeldrankie bymekaarkoms.

Die Letsatsi Konferensie Sentrum


Hierdie sentrum is heeltemal opgegradeer met al die nuutste bykomstighede soos netwerk punte vir telefone en rekenaars. Daar is ʼn ontvangs, ouditorium, verskeie konferensie lokale en raadsale wat sitplek het vir tot 160 afgevaardiges.

Sun City Teater


Hierdie lokaal kan ook dien as ʼn ouditorium met sitplek vir tot 620 afgevaardiges. Die Terrace Restaurant en dek met die swembad is ook fantastiese areas wat ʼn wye verskeidenheid van opsies vir aandetes en mengeldrankies vir onderskeidelik 500 tot 600 mense kan bied.

The Palace of the Lost City

Baobab Outlook (buitekant met uitsigte) - 110 afgevaardiges vir aandete of 150 mense vir mengeldrankies
Council Raadsaal- 14 afgevaardiges
Palace Raadsaal– In die Besigheidssentrum –sitplek vir 10 afgevaardiges
Protea and Orchid - 80 afgevaardiges in elke vertrek met teater styl sitplekke
Royal kamers - 120 afgevaardiges met konferensie styl sitplek of 80 sitplekke vir ʼn banket

Die Cascades Hotel en Cabanas

Cabanas Raadsaal - 12 afgevaardiges.
Cabanas Palm Terrace Restaurant - verskeie opsies vir funksies binne of buite.
Cascades 2de vloer Raadsaal - 8 afgevaardiges.
Cascades 4de vloer Raadsaal - 10 afgevaardiges by die tafel of 20 sitplekke oral in die kamer.

Opwindende Buitelug Plekke

Botsalanong Boma en Letsatsing Boma


Hierdie buitelug areas is fantasties vir bankette om ʼn oop vuur met kulturele dansers wat die gaste vermaak. Daar is keuses tussen unieke maaltye of braaivleis.

The Elephant Wallow


Hierdie grasdak gebou kyk uit oor die watergat by die Letsatsing Wildpark. Tot 65 gaste kan heerlike bos middagetes en aandetes geniet terwyl hulle die olifante dophou wat water drink by die watergat.Wat ʼn ongelooflike ervaring.

Die kulturele dorpie


Hierdie dorpie is gelëe by die ingang van Sun City en het sitplek beskikbaar vir groepe van tot 80 mense. Die boma is ideaal vir kulturele aande.

Die Sjebien


Dit is oop daagliks en is ʼn tradisionele kultuur dorpie restaurant en kroeg. Daar is ook ʼn area wat bespreek kan word vir private funksies.

Royal Sterrewag Dek


Hierdie is ʼn opelug aandete area wat uitkyk oor die Royal Bath by die Valley of the Waves en kan tot 350 mense akkommodeer of 550 vir mengeldrankies.

Valley of the Waves strande


ʼn Opwindende strand partytjie area wat tot 1 000 mense kan akkommodeer, sowel as ʼn kleiner private strand area vir ongeveer 100 mense.

Amfiteater


Die Vermaaklikheidssentrum met sy fantastiese akoestiek skep ʼn ongelooflike atmosfeer vir tot 200 mense. Vir beligting word flitsligte gebruik.

Cabanas Piekniek grasperke


Tot by die 600 mense kan piekniek middagetes geniet naby die Waterworld en ongeveer 200 kan geakkommodeer word op die grasperke langs die meer.

Vervoer by die Sun City Oord

ʼn 24-uur pendeldiens wat tussen elke hotel en die ingang van die Oord loop is beskikbaar. Daar is ook ʼn Lug Trein (eenspoor trein) wat gaste vervoer na en van die oord se ingang tot by die Vermaaklikheidssentrum op naweke en publieke vakansiedae.
Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel