Aktiwiteite by die Kwa Maritane Bush Lodge

Daar is baie om te doen by die Kwa Maritane Bush Lodge, sowel as by die Pilanesberg Nasionale Park en Sun City.

Sport en ontspanning

Die atmosfeer is ontspanne en rustig op hierdie safaris naby Sun City. By Sun City self is daar baie om te doen vir die kinders soos die speelpark, springmat, buitelug skaak, put-put, 2 swembaddens, tennisbane met spreiligte, vlugbalbane, tafeltennis, potspel tafels en glyplank. Maak ook gebruik van die Spa by die Kwa Maritane Spa.

Dagtoere

Dagtoere kan geneem word om aan sport deel te neem by Sun City. Neem deel aan golf, tennis, rolbal, perdry, besoek die Krokodil plaas,dobbel by die dobbelhuis en kyk na vertonings by die teater en bioskoop.

Junior Veldwagter Program

By die Kwa Maritane Bush Lodge is daar baie om te doen vir die kinders om hulle besig te hou. Die opgeleide personeel pas die kinders op regdeur die program. Hulle sal leer van die plante, diere en voël lewe tydens hulle bos staptogte.

Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel