Aktiwiteite by Manyane Oord

Families en Konferensiegangers kan aan baie aktiwiteite deelneem by Manyane Oord asook Groot Wild safaris by Sun City.

Manyane offer rustigheid en ontspanning vir die gaste. Aktiwiteite by hierdie Pilanesberg akkommodasie oord sluit in mini-golf, speelpark vir kinders, voëlhok, wildritte saam met ʼn opgeleide gids of op jou eie, en staproetes. Baie ander opwindende avonture is beskikbaar by die Pilanesberg Nasionale Park.

Stap Safaris

Manyane Oord het ʼn staproete wat opvoedkundige en omgewings opvoeding en inligting bevat sowel as wildkyk en voëlkyk. Die Oord het ook ʼn voëlhok waarin jy kan rondloop met 80 spesies inheemse voëls. Gaste by Manyane kan ʼn grootwild safari onderneem en die ongelooflike natuurskoon besigtig. Die oord is in ʼn oorgangsone gelëe wat interessante wild, voëls en plantlewe oplewer.

Safari Avonture

Daar is uitstekende wild safaris met begeleiding van opgeleide personeel wat twee keer per dag aangebied word asook nag self-ritte wat gaste kan ry op die amper 200km uitstekende paaie van die Pilanesberg Nasionale Park. Verskeie voël uitkyk punte asook piekniek plekke is beskikbaar wat die gasste kan geniet en hulle nader aan die natuur sal bring.

Konferensies

Manyane Oord het ʼn uitstekende ten volle toegeruste konferensie sentrum. Dit is geskik vir groot of kleiner funksies met uitstekende konferensie personeel wat sal help en raadgee en na die kleiner besonderhede oplet om hierdie funksies ʼn sukses te maak. Daar is 3 konferensie sale om van te kies, die Ntsu ouditorium wat sitplek het vir 80 mense, Mokoe sentrum wat 20 mense kan neem en die Functions Room wat ook 80 sitplekke bevat. Afgevaardiges het standaard en gevorderde toerusting, en ʼn PA sisteem beskikbaar.

Ander Aktiwiteite

  • Dag en nag wildritte
  • Stap Roetes
  • Wild besigtigings rit met ʼn vleisbraai of ontbyt ingesluit
  • Warm Lugballon ritte
  • Ry op Olifante
  • Olifant Interaksie sessies
  • Vierwielmotorfiets ritte in die Letsatsing Wildsreservaat
  • Kleiduif skiet
  • Boogskiet
  • Half-dag of gekombineerde aktiwiteite
  • Dromspeel
  • Sunt City attraksies – golf, sportwedstryde,waterpark en Lost City

Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel