Pilanesberg Wildreservaat
Sun City Oord in Suid Afrika

Pilanesberg Nasionale Park naby Sun City Oord in die Noordwes Provinsie van Suid Afrika is slegs een uur se ry vanaf Johannesburg.Dit is gelëe op ʼn oeroue dormante vulkaan se krater. Hierdie malaria vrye wildreservaat is die tuiste van die groot 5 en verskeie ander soorte wild.
Tipes akkommodasie verkrygbaar sluit in kampering, self-sorg chalets, groot lodges en een klein stylvolle lodge diep in die reservaat. Baie gaste verkies om in Sun City te bly en met hulle eie voertuie die reservaat te verken. Gaan op ʼn georganiseerde wildrit met opgeleide gidse of deel neem aan ʼn staptog. Die warmlugballon ekskursies oor die park is baie gewild.
Die Pilanesberg Nasionale Park, wat oor meer as 55 000 hektaar strek, is die vierde grootste wildpark in Suid Afrika. Die alkaliese vulkaniese krater is slegs een van 3 sulke kraters in die wêreld.
Siende dat Pilanesberg tussen die droë Kalahari en natter Laeveld gelëe is, is daar ʼn oorgangsone van diere, voëls en plantegroei wat mens nie kry by enige ander groot park nie. Die Springbok, Bruin Hiëna, en die Rooi-oog Bulbul sowel as die Kameeldoring bome wat gewoonlik in die droëe areas groei, groei en woon hier saam met die Impala, Swart-oog Bulbul en die Kaapse Chestnut bome wat gewoonlik net in die nat areas te kry is.
Die ongelooflike kleure, spesies van plant en dier en panoramas verskaf groot plesier aan fotograwe veral met die voor sonsopkoms en net na sonsondergang ritte wat geneem kan word te danke aan die hektye se oop/en toemaaktye.
Geologies is die Pilanesberg area wêreld bekend. Die 'Pilanesberg Nasionale Park se Alkaliese Ring kompleks is gevorm omtrent 1200 miljoen jaar gelede deur vulkaniese uitbarstings. As gevolg hiervan is daar ʼn verskeidenheid van landskappe met ʼn wyer verskeidenheid van wild spesies as enige ander wildreservaat van dieselfde grote in Suid Afrika
Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel