3 DaySun City Gholf 3-dag Paket

Hierdie 3 dae Sun City Gholf vakansie paket stel jou bloot aan twee van die beste gholf bane by die luukse Sun City Oord in Suid Afrika. Dit is die perfekte wegbreek paket vir beginner en geskoolde gholf spelers.

Die Gary Player Buiteklub en is altwee ontwerp deur die legendariese gholf legende, Gary Player.

Geniet hierdie gesogte 3 dae paket met sy luukse gholf akkommodasie. In die aand is daar verskeie keuses van restaurante om van te kies om aandete te geniet en hope vermaak wat dobbelspel insluit.

Dag 1: 18 Gat Lost City Buiteklub

Nadat u inbespreek en verfris is kan u die 72 par gholf baan probeer. Na ʼn produktiewe dag van gholf kan u gerus ontspan met ʼn verfrissende drankie by die Buiteklub. Die aand is u op u eie vermaak aangewese en daar is verskeie restaurante om van te kies vir u aandete by die Oord. Probeer gerus u geluk te troef by een van die slotmasjiene van die Sun City Casino.
Lost City Country Club
Gholfkarretjie huur: Beskikbaar
Gholfstok huur: Beskikbaar
Oefenbaan: Oefen jou setwerk
Aantrek Kode: Standaard aantrek kode geld en slegs sagte spykerskoene word toegelaat

Dag 2: 18 Gat Gary Player Buiteklub

Geniet ʼn heerlike ontbyt waarna jy die dag by die Gary Player gholfbaan kan oefen om jou swaai te verbeter.
Jou metgesel kan ʼn heerlike spa behandeling by hierdie buiteklub geniet terwyl jy die 18 putjie gholfbaan aanpak.
Na ʼn heerlike middagete by die buiteklub kan jy verder jou gholf aktiwiteit geniet.
Gary Player Buiteklub
Gholfkarretjie huur: Die Gary Player Buiteklub is ʼn loop gholfbaan waarby streng gehou word
Gholfklub huur: Beskikbaar
Oefenbaan: Beskikbaar by die Lost City Gholfbaan
Uitrusting Kode: Standaard klere kode geld en slegs sagte spykerskoene word toegelaat

Dag 3: ʼn Laaste Rondte Gholf?

Na ʼn heerlike ontbyt teken jy uit en vertrek op die res van jou reis. Die alternatief is om nog ʼn laaste rondte gholf te speel.

Ingesluit

  • 2 nagte se akkommodasie in ʼn twee enkelbed kamer by die Palace of the Lost City wat daaglikse ontbyt insluit (die opgradering van kamers is beskikbaar)
  • 18 gat spel by die Lost City Buiteklub met middagete by die klubhuis
  • 18 gat spel by die Gary Player Country Club met middagete by die klubhuis
  • Verniet toegang tot die Valley of the Waves by die Sun City Oord
  • Komplimentêre pendeldiens binne in die Sun City Oord

Uitgesluit

  • Gholfjoggie fooi, gholfstokke, gholfkarretjie se huur en opsionele aktiwiteite wat nie gespesifiseer is nie
  • Maaltye en drankies wat nie gespesifiseer is nie
  • Petrol en ander ekstras moet direk vereffen word

Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel