5 DaySun City Safari Vakansie Paket

Hierdie 5-dag Sun City Safari Vakansie Paket is gevul met ontspannings aktiwiteite en opwindende wildkyk geleenthede by die Pilanesberg Nasionale Park.

Hierdie is ʼn gulde geleentheid om Sun City met ʼn Afrika safari te kombineer. Geniet die son, watersporte en probeer jou geluk by die slotmasjiene by die Sun City Casino.

Hierdie Oord is die tuiste van verskeie restaurante, 2 gholfbane, ʼn waterpark en vele ander opwindende vermaak fasiliteite. Na die verblyf en alles wat gepaard gaan met aktiwiteite ens. by Sun City kan jy uitsien na die Pilanesberg Nasionale Park se rustige akkommodasie en opwindende wildbesigtigings toere.

Sun City Safari Hoogtepunte

  • Kombineers die besige vakansie oord met die rustige malaria vrye safari
  • Verniet toegang tot die Valley of the Waves en komplimentêre pendeldiens binne die Sun City Oord
  • Geniet die verskeie aktiwiteite soos die dobbelhuis, kabaret vertonings en gholf
  • Verblyf by die safari lodge wat oor die watergat uitkyk
  • Geniet die opwindende wildritte in die Pilanesberg Nasionale Park

Dag 1: Arriveer by Sun City

Vertrek vanaf Johannesburg en ry rustig na die Sun City Oord Die goed opgeleide personeel sal jou vergesel na jou akkommodasie.
Middagete by enige van die restaurante volg waarna daar aan enige van die vele aktiwiteite by die Sun City Oord deelgeneem kan word.
Van watersport tot Gholf by die Gary Player en Lost City kampioenskapbane kan geniet word.

Dag 2: Verken Sun City

Geniet ʼn heerlike ontbyt en neem deel aan enige van die aktiwiteite by die Sun City Oord..
Daar is spa-behandelings en fantastiese masserings sessies langs die swembad om van te kies wat jou heeltemal sal laat ontspan. Die Gary Player Health Spa offer luukse behandelings en is baie gewild.
Saans kan heerlike maaltye by enige van die verskeie restaurante, mengeldrankies by enige van die kroeë en jou kans om te wen by die slotmasjiene beproef word.

Dag 3 - 4: Safari in Pilanesberg Nasionale Park

Geniet ʼn heerlike ontbyt waarna jy vertrek na jou akkommodasie by die Pilanesberg Nasionale Park, waar jy die volgende twee aande gaan bly.
Die akkommodasie is gelëe in die malarie vrye Park wat uitkyk oor die besige watergat waar die diere hul dors kom les. Opwindende oggend en laatmiddag wildbesigtigings toere word gedoen wat gelei word deur goed opgeleide personeel met baie ervaring en kennis.
Die sonsondergang drankies in die veld is baie gewild en die sonsondergange ongelooflik mooi. Oppad terug na jou verblyf moet jy uitkyk vir die nagdiere.
Terug by die kamp kan jy ontspan in die plonspoel met ʼn drankie terwyl jy die wild besigtig oppad na die watergat. Geniet die uitsonderlinge aandetes onder die sterre en om die vuur.

Dag 5: Totsiens

In die oggend word ʼn laaste wildrit onderneem waarna ontbyt op die dek bedien word met jou laaste uitsigte oor die watergat en bosveld.

Ingesluit

  • 2 nagte se akkommodasie by die Sun City Cascades Hotel- ontbyt ingesluit
  • Verniet toegang tot die Valley of the Waves by die Sun City Oord
  • Komplimentêre pendeldiens in die Sun City Oord
  • 2 nagte se luukse akkommodasie by die Pilanesberg malaria-vrye safari lodge –ontbyt, ligte middagete en aandete ingesluit
  • Oggend en laatmiddag wildritte in oop safari voertuie saam met opgeleide veld gidse

Uitgesluit

  • Aktiwiteite by Sun City (behalwe Valley of the Waves)
  • Maaltye en drankies wat nie gespesifiseer is nie
  • Opsionele motor huur, petrol and ander ekstras moet direk vereffen moet word

Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel