Sun City Wildbesigtiging
Wildlife Safari by Sun City

Die Sun City Oord is gelëe op die grens van die Pilanesberg Nasionale Park. Geniet die groot 5 wildbesigtigings toere in die Park en by ander wildsplase naby.

Sun City Wildbesigtiging Aktiwiteite

Wildsbesigtigings toere kan onderneem word in die Park sowel as attraksies soos roofvoëls, inheemse en eksotiese voëls wat besigtig kan word by Sun City. Die daaglikse voed van die roofvoëls by die Birds of Prey Sentrum is baie gewild.
By die ingang van Sun City kan besoekers gaan kyk na die krokodille by die Kwena Gardens Crocodile Sanctuary. Die voed van die krokodille in die laatmiddag is gewild. Verskeie spesies van skoenlappers kan ook gesien word by Butterfly World.
ʼn Ongelooflike ervaring is ʼn rit in ʼn warmlug ballon met dagbreek, opgevolg met ʼn heerlike sjampanje ontbyt.

Wild aktiwiteite op omliggende wildplase

Die Pilanesberg Nasionale Park strek oor ʼn area van 55 000 hektaar. Die landskap is baie skilderagtig met ʼn groot meer in die middel waar ʼn vulkaan in die oertyd uitgebars het. Sun City se besoekers word geneem vanaf die Oord vir ekskursies in die Park en na die tyd weer teruggebring.
Gaste het die geleentheid om die groot 5 te sien wat die teruggetrokke luiperd insluit. Ander diere wat besigtig kan word is die Zebra, Hyena, Kameelperd, Seekoei en bok soorte. Daar is nag en dag ritte beskikbaar.

Warm lug ballon vlugte

Die opblaas van die ballon, vlug en ontbyt neem ongeveer 4 ure. Die vlug self neem ongeveer 60 minute en word gevolg met ʼn sjampanje ontbyt in die middel van die bosveld.
Hierdie ongelooflike ervaring geskied vroeg in die oggend wanneer die ongelooflike sonopkoms gesien kan word vanuit die lug. Kyk uit vir al die diere wat meer aktief is in die koel oggende. Geniet die heerlike sjampanje ontbyt in die rustige en stil bosveld na die vlug.

Wildritte

Dag en nag wildritte van ongeveer 2-3 uur is beskikbaar. Private voertuie kan vir groepe gereel word.
Op die begeleide wildritte word die gaste by hulle hotel opgetel deur goed opgeleide gidse met ongelooflike kennis oor die veld, plante, wild, insekte en voël lewe van die bosveld.
Wildritte en safaris wat Sun City Oord offer kan vooraf bespreek word by ʼn Siyabona Africa Destination Specialist. Alle ekskursies vertrek vanaf die Sun City Oord en gaste word weer daar afgelaai.
Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel