Aktiwiteite by Tshukudu Bush Lodge

Sien uit na uitstekende wildkykgeleenthede terwyl jy op safari naby Sun City in Pilanesberg Nasionale Park is.

Wildrit Ervarings

Begin jou dag by die Tshukudu Bush Lodge met ʼn opwindende wildrit. Kyk uit vir die groot 5 en baie meer. Vir die wat meer opwinding soek is ʼn begeleide staptog in die Pilanesberg Nasionale Park net die ding.

Ontspanning

Geniet ʼn middagtee met versnaperinge of koel af in die swembad of plonspoel. Daar is ook ʼn biblioteek met boeke om te lees terwyl jy ontspan.
Sun City Toer.
Ry na Sun City waar jy kan dobbel, golf speel, teater of bioskoop toe kan gaan of maak ʼn draai by die krokodilplaas. Perdry is ook ʼn gewilde aktiwiteit.

Maaltye in die Bos

Geniet heerlike ontbyte op die dek met sy pragtige uitsigte, middagete of tee met versnapering net voor jou wildrit ervaring en heerlike Afrika disse vir aandete om die vuur of in die eetkamer.

Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel