Valley of the Waves
Sun City Oord Suid Afrika

Jou informasie Gids tot die Valley of the Waves by Sun City Oord in Suid Afrika. Geniet die familie pret by die brander poele en verskeie ritte en aktiwiteite.In die hart van die oeroue vulkaan volgens legende het daar ʼn groot beskawing gerys. Hierdie vredeliewende nomade van die noorde het hulle hier tuisgemaak in die welige groen vallei waar hulle die skouspelagtige Paleis gebou het wat omring was met mooi tuine en ʼn oorvloed van water.
ʼn Groot aardbewing het hulle Paleis en tuiste vernietig waarna die mense gevlug het en na jare was die Paleis en stad heeltemal toegegroei.
Eeue later het ʼn moderne ontdekkingsreisiger op hierdie verlore stad afgekom. Die Paleis is herstel tot sy vorige glorie en heropen in 1992 as deel van die ongelooflike Lost City ontwikkeling by Sun City. Die Valley of Waves is daagliks oop vanaf 09:00 tot 18:00 in die somer en 10:00 tot 17:00 in die winter.

Dag besoekers- Valley of the Waves toegangs fooie

Gaste wat bly by een van die Sun City Hotelle het verniet toegang tot die Valley of the Waves.

Dag Besoekers moet betaal om in te kom by Valley of the Waves.
Grootmense R395 Weeksdag / R450 Naweek
Kinders R290 Weeksdag / R350 Naweek
Kinders onder 2 : verniet
* pryse is onderhewig aan verandering

Dag Besoekers – Neem Kennis:

Per persoon is betaalbaar deur elke ouer en kind by die hek van Sun City voor die aankoms by Valley of the Waves. Dit beteken dat elke dag besoeker moet betaal om in te kom by die Sun City Oord en dan apart betaal om by die Valley of the Waves in te kom.

Siyabona Africa doen nie dag besoekers besprekings nie.

Diamant en Goudmyne

Na die aardbewing die ou stad verwoes het was die diamant en goudmyne gedeeltelik onder water, en dit verskaf deesdae baie pret met die halfpad onderwater waterritte en glyplanke terwyl besoekers afgly by die Slide Hill.
Die Tarantula is ʼn opwindende ondervinding – omring deur die pikdonker jaag jy in die moltrein deur kanale in berg terrein teen ʼn ongelooflike spoed. Die enigste geluide is die gille van jou en die persoon wat agter jou sit.

The Bridge of Time

Hierdie imposante brug, wat beskerm word deur groot olifante skakel die Hall of Treasures van die Lost City Entertainment Centre met die Valley of Waves. Om die ontelbare skatte in die Hall of Treasures te beskerm ontplof ʼn nagemaakte vulkaan gereeld met rook en lawa diep in die Temple of Creation.

Roaring Lagoon

Die Roaring Lagoon is ʼn aktiwiteit vir adrienalien verslaafdes. Elke 90 sekondes gaan daar ʼn sirene af en ʼn 1.2 meter hoë brander met ʼn spoed van 35km per uur bots teen die strand met sy muur van verheugde adrenalien verslaafde mense.

Sacred River Ride

Hierdie aktiwiteit geskied op ʼn ondergrondse river waar kinders op opgeblaasde rubber bande rustig vaar vir 500 meter.

Temple of Courage

Hierdie aktiwiteit is vir die dapper mense wat vir 17 meter regaf val in ʼn glygeut en onder ʼn brug deur tot in die sprankelende swembad spoel doer onder en dit geniet.

The Kong Gates

Hierdie massiewe hekke bewaak die ingang na die Vallei en kan tot vandag gesien word.

Bobbejaan Spring Plaza -Monkey Spring Plaza

Die Monkey Spring Plaza herdenk die trop bobbejane wat die antieke beskawing gered het van hongersnood gedurende die verskriklike droogte.

Sway Bridge

Hierdie brug is ontwerp deur die Koning om die mense te vang wat kwaad wil doen aan die Konings gesin. Dit wieg en kraak en strek oor ʼn gapende kloof met die waterval daaronder.

Hidden Cave Falls

Volg die Hippo Gorge Trail van die voet van die trappe van die Royal Staircase tot by die Hidden Cave Falls.

Royal Staircase

Die Koninklike trappe skakel die Valle of the Waves met die Palace of The Lost City via die Old East Gate Bridge.

Adventure Path

Die Adventure Path skakel met die Rain Forests oor die Koninklike trappe.

Gong of the Sun Lion

Hierdie mooi ghong het die antieke beskawing gered nadat daarop geslaan is om almal te waarsku net voor die groot aardbewing hulle huise verwoes het.

Royal Baths

Hierdie Royal Baths se heerlike lou water het blykbaar genesende kragte gehad en was oorspronklik gebou oor ʼn natuurlike spruit.

Royal Arena

Hierdie amfiteater is ʼn uitsonderlike lokaal vir mengeldrankie partytjies, produk bekendstellings en teater vertonings.

Observatory Bar

Geniet daaglikse drinkbare verversings vanaf 10:00 tot 18:00 in die somer en net tot 17:00 in die winter by hierdie kroeg met sy uitsigte oor die Lake of Peace en die Valley of Waves.

Mochachos

Mochachos is ideaal vir die wat vinnig iets soek om te eet en hierdie smaaklike kitskosse is beskikbaar vanaf 10:00 tot 18:00 in die somer en net tot 17:00 in die winter.

Baby Changing Station

Beskikbaar by die vroue en mans toilette langsaan die sluitkas.

Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel